Monday, November 30, 2009

Daar is maar net een Afrika ...

Toe ek die vorige stukkie geskryf het, het ek weer na ons blog van Africa our Home gaan kyk.

Ek wonder hoeveel keer ek volgende jaar voor my tentjie gaan staan, na die Siberiese vlaktes en woude en berge gaan kyk en Afrika dan met elke vesel in my wese mis. Vir my is daar nie 'n wonderliker kontinent om te bereis as Afrika nie.

Kliek op die skakel hier bo en blaai deur ons "postings" wat ons hierdie jaar tydens ons reis oor Afrika gedoen het. Kyk na die foto's. Lees die kommentare. Miskien sal jy dan besef hoekom ek Afrika intens mis. Na Naboom2Vladivostok is dit net Afrika vir my.

Preparation for 2010

Everything is still going according plan for the ride across Russia / Siberia.

Last week I applied for a Schengen visa. With that visa I can travel up to the Russian border. Early next year, February, I will start with the application  for the Russian visa.That could be the harder one to get.

The flight back from Vladivostok has been booked. The first leg of the return trip will be with Vladivostok Air to Moscow. Arrival is at one airport, the next flight with Emirates is from another airport. Fortunately there is more than enough time to get from one airport to the other. From Moscow the flight goes down to Dubai, and then connecting with the flight going to Johannesburg. Please Emirates, repeat the kindness shown to us after Africa our Home this year!!!

In six months' time Naboom2Vladivostok has started!

Groot geskenk



Saterdagoggend het ek by Magda en Freddie Coetzee op hul plaas tussen Potchefstroom en Ventersdorp gekuier.

Freddie het, nadat hy my boek Noord van Naboom gelees het, besluit om dié spesifieke skildery van hom met die naam "Faith" aan my te skenk. Ek was stomgeslaan deur sulke goedheid. Hoe sê mens dankie vir so 'n grootse gebaar?

Freddie, baie baie dankie! Jy is in alle opsigte 'n lewenskunstenaar. En Magda, dankie vir die lekker eetgoed! Julle is twee besonderse mense.

Sunday, November 15, 2009

CyTech se Africa day

Ons kan dit vandag vir mekaar sê: Die belangstelling in avontuurry neem toe. Meer en meer mense wil dit doen, al wil hul nie soseer oor Afrika ry nie. Die opkoms by CyTech se Afrikadag het dit bewys.

Ek het so lekker gekry toe my KLR nie die enigste KLR was wat daar tussen die BMW's gestaan het nie. Daar was drie KLR's, en volgende keer hopenlik nog meer.

Elke avontuurryer moet eenkeer so 'n byeenkoms bywoon. Ray Muller is sekerlik die mees ervare persoon om enige ryer met raad en daad by te staan. CyTech se webblad: www.toursforafrica.co.za


George Bester wat onlangs na 'n voetgangerongeluk in Ethiopië 'n paar dae in 'n Ethiopiese tronk moes deurbring, was een van die sprekers.



JC en sy vrou het uit Bloemfontein gekom en ek het hul boek vir hul geteken.



Die manne en dame uit Sasolburg. (Stuur asb. vir my julle name weer!)

Baie dankie aan die ouens wat Saterdag my boek gekoop het! Elke boek is 'n stukkie van my Rusland/Siberiëtoer wat waar word.

Ek het Saterdagaand op pad terug van Ray se byeenkoms in die bosveldnag ingegery. Die KLR se gelykmatige dreuning was soos musiek in my ore, terwyl die Vaalbos se kenmerkende reuk my weer oortuig het hoekom dit soms lekkerder is om met 'n motorfiets te ry as met 'n motor.