Sunday, November 15, 2009

CyTech se Africa day

Ons kan dit vandag vir mekaar sê: Die belangstelling in avontuurry neem toe. Meer en meer mense wil dit doen, al wil hul nie soseer oor Afrika ry nie. Die opkoms by CyTech se Afrikadag het dit bewys.

Ek het so lekker gekry toe my KLR nie die enigste KLR was wat daar tussen die BMW's gestaan het nie. Daar was drie KLR's, en volgende keer hopenlik nog meer.

Elke avontuurryer moet eenkeer so 'n byeenkoms bywoon. Ray Muller is sekerlik die mees ervare persoon om enige ryer met raad en daad by te staan. CyTech se webblad: www.toursforafrica.co.za


George Bester wat onlangs na 'n voetgangerongeluk in Ethiopië 'n paar dae in 'n Ethiopiese tronk moes deurbring, was een van die sprekers.



JC en sy vrou het uit Bloemfontein gekom en ek het hul boek vir hul geteken.



Die manne en dame uit Sasolburg. (Stuur asb. vir my julle name weer!)

Baie dankie aan die ouens wat Saterdag my boek gekoop het! Elke boek is 'n stukkie van my Rusland/Siberiëtoer wat waar word.

Ek het Saterdagaand op pad terug van Ray se byeenkoms in die bosveldnag ingegery. Die KLR se gelykmatige dreuning was soos musiek in my ore, terwyl die Vaalbos se kenmerkende reuk my weer oortuig het hoekom dit soms lekkerder is om met 'n motorfiets te ry as met 'n motor.

No comments:

Post a Comment