Sunday, December 27, 2009

Ek was bang vir luislange!

Dit was 'n bosveld Sondag uit die handboek: Sonnig, warm, blou hemel, die groen van die bosveld intens skitterend groen, en baie water in die veld.
Ek is met die KLR Nylstroom toe. So 'n ent van die dorp is die Jasper afdraaipad. Daar het ek grondpad begin ry. Die ry oor Rusland/Siberie is net 'n paar maande weg. 'n Ma van een van ons huidige studente in Duitsland het baie filofies gese mens kan leer sand ry maar modder ...
Vandag was dus bietjie modderry die hoofdoel. Dit het mos gister, Saterdag, juis so lekker gereen.
Ek het grondpad gery, later op 'n kleiner paadjie afgedraai, met die gras en bos al digter om my.
In daardie omgewing is 'n paar jaar gelede 'n matriekseun van Nylstroom deur 'n luislang aangeval toe hy in die digte gras hulle bakkie uit die modder wou uitgrawe.
'n Paar keer moes ek die fiets laat staan om eers te gaan kyk hoe 'n sloot of driffie lyk voor ek kon deurry. Die gras was dig tot teen my skouers.
Terwyl ek een keer terugstap fiets toe, het ek 'n geritsel van gras dig teen my gehoor. Ek het nie beplan om so vinnig weg te vlieg nie maar ek was vinniger as 'n blits terug op my fiets. Die geritsel? Dit was 'n lang stuk gras wat aan my valhelm vasgehaak het.
Dis nie maklik om in die digte bosveld te oefen as mens 'n slangfobie het nie ...

Another dream

The last few weeks I was in a strange mood. I don't think it had anything to do with Christmas or a midlife crisis (thanks Anja).

I think it could be partly the result of the anticipation of the start of another adventure into the unknown.

And while listening to the beautiful "Blue Danube" of Johann Strauss I realised that I still want to attend a ball in Vienna, dressed according the code, and I want to dance an waltz. One day.

Are you coming with?

Friday, December 25, 2009

Your global position by means of a sim card

I first want to share this with you.
I cancelled my cell phone contract of 11 years recently. I refuse to pay excessive roaming fees. Example: Egypt, one blog posting, four small photographs, R 750.00. On that day my loyalty to Vodacom died a sudden death.
But how am I going to communicate when I am travelling somewhere far-off and I don’t have a cell phone with roaming?
I started an internet search and found a pay-as-you-go sim card that works in 166 countries. With this sim card you can keep a finger on the costs and you won’t get a nasty surprise on your return home.
I ordered and received such a sim card.
But the best follows.
Once a day, after using the card, your position is registered and indicated on a google earth map.
There is an unique web site link valid only for you sim card. Friends can click on the link and see where their buddy was riding that day. Even better, there is a weather indication as well with minimum and maximum temperatures, and whether it is sunny, raining, snowing etc.
I am going to test that the second half of January when we get our holiday, and you can then see where I was riding my trusted old KLR every day.
Long live technology!

Geseënde Kersfees

Aan al my vriende en die wat nog gaan vriende word, Geseënde Kersfees, Merry Christmas en Frohe Weihnachten!

 

Gister het ek twee besonderse mense ontmoet. Rupert  en Jolene Botes het my boek gekoop. Ons het by Menlyn ontmoet en koffie gedrink. Rupert het toe vir my die CMA se Biker Bybel, mooi in leer gebind, as geskenk gegee. Dit was ‘n kosbare ervaring.

 

In die Bybel het hulle vir my Ps. 91 gemerk, en voor in die Bybel ‘n mooi boodskap geskryf.

 

Baie drade kom saam. My gedagtes het teruggeloop na lang jare terug, September, op die grens, besig met ‘n Ops, Butterfly. Dit was ‘n Saterdag 14 September. Ek het skielik sonder enige rede daardie oggend bitter alleen gevoel. Met ‘n rusbreek het ek my klein weermag Bybeltjie uit my bo-sak gehaal. Dit het by Ps. 91 oopgegaan. “Al val ‘n duisend aan jou linkersy en ‘n tienduisend aan jou regtersy, na jou sal die dood nie kom nie.”

 

Ek het dit onderstreep en die dag en datum en plek bygeskryf. My alleengevoel was weg.

 

Gister het die twee dierbare (toe toe nog onbekende) vriende weer ‘n keer vir my daardie versie kom gee.

 

Mark, jy is weer reg bewys. Deur die boek het ek al soveel wonderlike ervarings gehad en mense ontmoet wat ek miskien andersins nooit sou ontmoet het nie. Die boek verbind en bou brue.

 

Die aftelling vir die volgende groot ry begin binnekort. Dan gaan dié webblad weer begin lewe.

Wednesday, December 23, 2009

Dankie Mark Timm!

‘n Man wat hom as ‘n soutie beskryf, ene Mark Timm, het my boek gekoop en gelees. Ek ken Mark van geen kant af nie.

My laaste bloginskrywing was een van irritasie en frustrasie. Daar het ek die vraag gestel: Is dit die moeite werd om ‘n boek te skryf?

Gister kom daar ‘n e-pos van Mark aan. Ek haal aan:

Was on your blog….R9 per book….don’t spend it all at once! In all seriousness, that sounds like daylight robbery. Bottom line is, it’s not about the book, it’s about the experience….your experience. I know the book is a way to raise finance, but you touch lives out there. Do it for you and write the next one in English, to reach a wider, possibly international audience….that’s capitalismJ Strangers, internationally, followed your trip on the web, why shouldn’t they buy your book?

My 2c worth.

Mark, thanks for the email. You are so right. I took my eye off the horizon and saw only the pay cheque, and that was wrong!

I am going to re-start the translation of Noord van Naboom today.

Mark, a merry Christmas to you and your family!

Wednesday, December 16, 2009

Dis verregaande!

More!
Ek het met die Engelse vertaling van "Noord van Naboom" opgehou.
Hoekom?
Ek het nou my eerste betalingsadvies gekry. Ek kry minder as R 9 per boek!
Ek vra myself af of dit die moeite werd was. Ek kon eerder 'n film dvd gemaak het, en as ek dit vir R 36 sou verkoop het, sou ek baie beter gedoen het om my volgende reis te finansier. En die vervaardiging sou minder tyd neem ...
Of is 'n boek net iets meer besonders? Wat dink julle? Skryf en laat weet wat julle dink.

Monday, December 14, 2009

Skitterend!

Die dinge val al hoe meer in plek. Die bespreking vir die KLR is bevestig, 30 April Kaapstadt – München. Ek vlieg 2 Mei en kry die KLR 3 Mei in München. Dan is daar nog byna ‘n maand se ry in Europa om die sneeu kans te gee om in Rusland en Siberië te smelt.

Verlede jaar het ek die KLR in München afgegee, die jaar begin ek weer daar te ry. Dis oor minder as 5 maande!!!

Sunday, December 6, 2009

Interessante leefstof oor Siberie

Motorfietsry in die ou Sowjet

Oor Siberie

Nog net nog 'n paar maande ...

Africa my Africa

I spent this weekend near Naboomspruit at Mountain View Game Lodge with my sister and a friend of hers. We walked a lot. Have a look at these photographs. That is why I am so glad that Africa is my home.

Photographs of Anneke Pienaar:


 
 
 

Photographs of my sister Dorette:
 
 
 
We were on foot when three giraffes came from left and crossed the track in front of us.

Friday, December 4, 2009

KLR se plek bespreek

Goeie middag!

 

Ek het vandag die KLR se vlug vir 30 April bespreek. Nou wag ek net vir bevestiging uit Duitsland dat die reg is met die lugdiens. Ek gaan dan ‘n hele maand hê om vriende in Duitsland te besoek, miskien nog Oostenryk, Italiê en Switserland te besoek, en dan die pad te vat op die groot lang ry.

 

Ek en Keat Cargnelutti, ‘n boer hier van Naboom, gaan die tweede helfte van Januarie ‘n lekker toer deur Botswana en Namibië doen. Keat ry ook ‘n KLR. FSA Youth Exchange sluit nie oor die Kersseisoen nie maar wel vanaf middel Januarie. Dis hoekom ek dan ‘n bietjie vry het.

 

Laastens, ek met my selfoonkontrak na 11 jaar gekanselleer. Dis skandalig hoe reisigers met “roaming” deur die selfoonmaatskappye uitgebuit word. Ek moes nou vir ‘n blogbydrae in Egipte R 750.00 betaal!!! Daar was drie foto’s van 640X480, dus nie eers groot nie. Maar hoe gemaak om sonder ‘n selfoon op ‘n lang reis te gaan, en pay as you go wat nie altyd werk nie? Ek dink ek het vanoggend die oplossing gevind. Ek gaan dit binnekort toets en dan vir julle vertel of dit ‘n alternatief is vir die skandalige duur kontrakte.

 

Lekker naweek!

Wednesday, December 2, 2009

Goeie nuus, en interessante verwikkelinge

Ek het vandag my Schengenvisum gekry. Niks staan meer in die pad van die toer se begin in Duitsland nie. Ek kort nog net die visum vir Rusland. Dit kan 'n perd van 'n ander kleur wees.

Die interessante verwikkeling is dat die lugdiens wat die KLR in Mei Duitsland toe sou vlieg, sy vlugte einde April staak.

Die implikasie is eenvoudig. Ek sal vroeer moet Duitsland toe vlieg. Dit beteken dat my toertyd met 'n maand verleng. Kla ek? Glad nie! 'n Maand langer deur die wereld ry. Waar gaan die geld vandaan kom? Ek weet nie. Julle moet nog meer boeke koop!

Die toer is miskien al oor 5 maande aan die gang!

Groete

Monday, November 30, 2009

Daar is maar net een Afrika ...

Toe ek die vorige stukkie geskryf het, het ek weer na ons blog van Africa our Home gaan kyk.

Ek wonder hoeveel keer ek volgende jaar voor my tentjie gaan staan, na die Siberiese vlaktes en woude en berge gaan kyk en Afrika dan met elke vesel in my wese mis. Vir my is daar nie 'n wonderliker kontinent om te bereis as Afrika nie.

Kliek op die skakel hier bo en blaai deur ons "postings" wat ons hierdie jaar tydens ons reis oor Afrika gedoen het. Kyk na die foto's. Lees die kommentare. Miskien sal jy dan besef hoekom ek Afrika intens mis. Na Naboom2Vladivostok is dit net Afrika vir my.

Preparation for 2010

Everything is still going according plan for the ride across Russia / Siberia.

Last week I applied for a Schengen visa. With that visa I can travel up to the Russian border. Early next year, February, I will start with the application  for the Russian visa.That could be the harder one to get.

The flight back from Vladivostok has been booked. The first leg of the return trip will be with Vladivostok Air to Moscow. Arrival is at one airport, the next flight with Emirates is from another airport. Fortunately there is more than enough time to get from one airport to the other. From Moscow the flight goes down to Dubai, and then connecting with the flight going to Johannesburg. Please Emirates, repeat the kindness shown to us after Africa our Home this year!!!

In six months' time Naboom2Vladivostok has started!

Groot geskenk



Saterdagoggend het ek by Magda en Freddie Coetzee op hul plaas tussen Potchefstroom en Ventersdorp gekuier.

Freddie het, nadat hy my boek Noord van Naboom gelees het, besluit om dié spesifieke skildery van hom met die naam "Faith" aan my te skenk. Ek was stomgeslaan deur sulke goedheid. Hoe sê mens dankie vir so 'n grootse gebaar?

Freddie, baie baie dankie! Jy is in alle opsigte 'n lewenskunstenaar. En Magda, dankie vir die lekker eetgoed! Julle is twee besonderse mense.

Sunday, November 15, 2009

CyTech se Africa day

Ons kan dit vandag vir mekaar sê: Die belangstelling in avontuurry neem toe. Meer en meer mense wil dit doen, al wil hul nie soseer oor Afrika ry nie. Die opkoms by CyTech se Afrikadag het dit bewys.

Ek het so lekker gekry toe my KLR nie die enigste KLR was wat daar tussen die BMW's gestaan het nie. Daar was drie KLR's, en volgende keer hopenlik nog meer.

Elke avontuurryer moet eenkeer so 'n byeenkoms bywoon. Ray Muller is sekerlik die mees ervare persoon om enige ryer met raad en daad by te staan. CyTech se webblad: www.toursforafrica.co.za


George Bester wat onlangs na 'n voetgangerongeluk in Ethiopië 'n paar dae in 'n Ethiopiese tronk moes deurbring, was een van die sprekers.



JC en sy vrou het uit Bloemfontein gekom en ek het hul boek vir hul geteken.



Die manne en dame uit Sasolburg. (Stuur asb. vir my julle name weer!)

Baie dankie aan die ouens wat Saterdag my boek gekoop het! Elke boek is 'n stukkie van my Rusland/Siberiëtoer wat waar word.

Ek het Saterdagaand op pad terug van Ray se byeenkoms in die bosveldnag ingegery. Die KLR se gelykmatige dreuning was soos musiek in my ore, terwyl die Vaalbos se kenmerkende reuk my weer oortuig het hoekom dit soms lekkerder is om met 'n motorfiets te ry as met 'n motor.

Monday, October 26, 2009

Dit is Sondag en rytyd





'n Duitse vriendin lag altyd vir die foto's waarop altyd die KLR te siene is.
Dit is hoe dit is as jy 'n motorfietsryer is. Alles is op die motorfiets gefokus en net die agtergrond verander die hele tyd.
So, dis Sondag en die KLR het 'n ver draai deur die bosveld en oor die Springbokvlakte gemaak.















Ek het op Roedtan gestop. Dit was tyd vir middagete. Langs die pad was 'n winkel. Die stoep het vol mense gesit. Ek het 'n pakkie slaptjips vol sout en asyn gekoop en tussen die mense gaan sit. Die twee dames hierbo het vriendelik ingestem dat ek 'n foto van hulle in hul Sondagklere neem.















Oorkant my het Philemon Tsoane kom sit en my in die skande gesteek.

Hy het gebid voor hy met sy boksete begin het.

Sunday, October 25, 2009

Van Australië en Engeland


Annemarie van Zyl uit Melbourne, Australie, het my boek saamgeneem Melbourne toe na 'n lekker lang vakansie Suid-Afrika. Die Van Zyl's woon reeds sedert 1995 in Down Under. Annemarie het verlede jaar en ook hierdie jaar die twee reise oor die internet gevolg.



Sib Andela en sy seun, dr. Nic Angela uit Londen, het my vir 'n lekker koppie koffie in Johannesburg uitgenooi. Sib is mnr. Vespa, 'n avonturier wat ook 'n boek behoort te skryf oor sy ervarings. Nic het op Kovsies studeer voor hy Engeland toe is. Ek is bereid om te wed dat Suid-Afrika hierdie talentvolle Suid-Afrikaner binnekort gaan terughê.

Naboomspruit o Naboomspruit

Ek was laat Vrydagmiddag met 'n ou weermagvriend wat kom kuier het, met die kabelkar (ja, Naboomspruit het 'n kabelkar) tot bo-op die berg bo die Euphorialandgoed. Dit was mooi om die son oor die bosveld te sien sak.







Groot bome, lang skaduwees

Friday, October 16, 2009

Back to square 1!

A biker friend of Naboomspruit bought a KLR. After the KLR he bought a Triumph 950 (an ugly bike!), then the BMW 1200 GS, and then the 800 BMW. On Thursday he took delivery of a brand new KLR.
 
Welcome back to Kawasaki!
 
(The moral of the story: Some knew from the beginning, others have to walk around the block)

Thursday, October 15, 2009

Mountain View Game Lodge, Naboomspruit

Gistermiddag na werk het ek die KLR geneem en Mountain View toe gery om 'n paar foto's te gaan neem. Dis so 40km buite die dorp, en 'n lekker stuk grondpad is daarby.

Na die reën het die veld en bos die eerste groen begin te wys. Ek het weer die vrede gevoel wat oor my kom lê het dat ek nou in Naboom woon en nie meer Pretoria nie.

Ek is eers teen sonondergang daar weg. Terug op die grootpad wou ek nie vinnig ry nie. Dit wat langs die pad lê, was net te mooi. Toe, skielik, drie kameelperde in die skemering direk langs die pad. Ek het gestop en net gesit en kyk. Paradys.


By die ontvangs is 'n afkoelpoel. Die water het die blou van die hemel weerspieël.



As jy op jou tent se houtdek sit, sien jy ver. Onder op die geel grasvlakte was waterbokke en sebras.


En dan kyk jy van jou tent na regs, en dis wat jy sien.


Jy kan by jou tent vleisbraai, of in die restaurant gaan eet.


Die tente staan op die rant van die berg en kyk uit oor die vlakte en die Waterberge in die verte.


Die pers van Jakarandas teen die blou van die bosveldhemel.


Die KLR het in sy leeftyd al baie gesien: Woestyne, die Alpe en sneeu, en die Waterbergbosveld.


Ek wens ek kon nog langer in die laaste sonstrale daar bly sit het om na die sonsondergang oor die berge te kyk.


Die swakste foto denkbaar! Ek moes net die kameelperd in die laatlig sonder blits afneem. Dis hoekom alles op die foto "blur". 

Mountain View: 014 / 743 0731 - Maureen

Monday, October 12, 2009

Monday 12 October, 2009



Naboom2Vladivostok....


What an amazing feeling to start preparing for a next, long journey!


The KLR is still doing fine. It has done now more than 41 000 km.


Welcome back to my diary! Enjoy all the highs and lows of my travel preparations with me.

Maandag 12 Oktober 2009


Inskrywing 1 op my nuwe dagboek. Soos die titel sê, Naboom2Vladivostok.


Dis lekker om van voor af te begin met die beplanning van 'n nuwe avontuur.


Die KLR is nog flink en aan die gang en het reeds meer as 41 000 km gedoen.


Welkom terug!