Gistermiddag na werk het ek die KLR geneem en Mountain View toe gery om 'n paar foto's te gaan neem. Dis so 40km buite die dorp, en 'n lekker stuk grondpad is daarby.
Na die reën het die veld en bos die eerste groen begin te wys. Ek het weer die vrede gevoel wat oor my kom lê het dat ek nou in Naboom woon en nie meer Pretoria nie.
Ek is eers teen sonondergang daar weg. Terug op die grootpad wou ek nie vinnig ry nie. Dit wat langs die pad lê, was net te mooi. Toe, skielik, drie kameelperde in die skemering direk langs die pad. Ek het gestop en net gesit en kyk. Paradys.
By die ontvangs is 'n afkoelpoel. Die water het die blou van die hemel weerspieël.
As jy op jou tent se houtdek sit, sien jy ver. Onder op die geel grasvlakte was waterbokke en sebras.
En dan kyk jy van jou tent na regs, en dis wat jy sien.
Jy kan by jou tent vleisbraai, of in die restaurant gaan eet.
Die tente staan op die rant van die berg en kyk uit oor die vlakte en die Waterberge in die verte.
Die pers van Jakarandas teen die blou van die bosveldhemel.
Die KLR het in sy leeftyd al baie gesien: Woestyne, die Alpe en sneeu, en die Waterbergbosveld.
Ek wens ek kon nog langer in die laaste sonstrale daar bly sit het om na die sonsondergang oor die berge te kyk.
Die swakste foto denkbaar! Ek moes net die kameelperd in die laatlig sonder blits afneem. Dis hoekom alles op die foto "blur".
Mountain View: 014 / 743 0731 - Maureen