Dit is hoe dit is as jy 'n motorfietsryer is. Alles is op die motorfiets gefokus en net die agtergrond verander die hele tyd.
So, dis Sondag en die KLR het 'n ver draai deur die bosveld en oor die Springbokvlakte gemaak.
Ek het op Roedtan gestop. Dit was tyd vir middagete. Langs die pad was 'n winkel. Die stoep het vol mense gesit. Ek het 'n pakkie slaptjips vol sout en asyn gekoop en tussen die mense gaan sit. Die twee dames hierbo het vriendelik ingestem dat ek 'n foto van hulle in hul Sondagklere neem.
Oorkant my het Philemon Tsoane kom sit en my in die skande gesteek.
Hy het gebid voor hy met sy boksete begin het.
-794599.jpg)
-795243.jpg)


Mooi foto's, ons land bly maar 'n mooi land! Een mal 'n suid afrikaner/Afrikaner ALTYD een!!
ReplyDelete