Friday, December 4, 2009

KLR se plek bespreek

Goeie middag!

 

Ek het vandag die KLR se vlug vir 30 April bespreek. Nou wag ek net vir bevestiging uit Duitsland dat die reg is met die lugdiens. Ek gaan dan ‘n hele maand hê om vriende in Duitsland te besoek, miskien nog Oostenryk, Italiê en Switserland te besoek, en dan die pad te vat op die groot lang ry.

 

Ek en Keat Cargnelutti, ‘n boer hier van Naboom, gaan die tweede helfte van Januarie ‘n lekker toer deur Botswana en Namibië doen. Keat ry ook ‘n KLR. FSA Youth Exchange sluit nie oor die Kersseisoen nie maar wel vanaf middel Januarie. Dis hoekom ek dan ‘n bietjie vry het.

 

Laastens, ek met my selfoonkontrak na 11 jaar gekanselleer. Dis skandalig hoe reisigers met “roaming” deur die selfoonmaatskappye uitgebuit word. Ek moes nou vir ‘n blogbydrae in Egipte R 750.00 betaal!!! Daar was drie foto’s van 640X480, dus nie eers groot nie. Maar hoe gemaak om sonder ‘n selfoon op ‘n lang reis te gaan, en pay as you go wat nie altyd werk nie? Ek dink ek het vanoggend die oplossing gevind. Ek gaan dit binnekort toets en dan vir julle vertel of dit ‘n alternatief is vir die skandalige duur kontrakte.

 

Lekker naweek!

1 comment:

  1. Lekker lekker as die dinge begin gebeur ne!
    Dis wonderlik dat jy toe die schengen visa gekry het en die deure vir jou oopgaan soos jy gehoop het. Geniet elke oomblik van die voorbereiding!

    ReplyDelete