Tuesday, January 19, 2010

Byna ry-klaar

Ek het vanoggend die KLR by CyTech in Johannesburg gaan haal. Ray Muller en sy seun Donovan is werklik besonderse mense. Hulle kennis oor en voorbereiding van motorfietse is eenmalig.

Die ry terug Naboom toe deur ons pragtige bosveld was soos altyd besonders.

Vanmiddag begin ek die fiets te pak. Dit sal die eerste keer sedert Naboom2Germany wees dat die fiets so swaar dra. Moreoggend 9uur vertrek ek en Keat uit Naboom. Ons gaan by Lobatse oor die grens probeer kom. Stuur hulle ons terug a.g.v. sy paspoort pas ons ons roete en toer eenvoudig net aan. Dis belangrik dat ons nou dae saam op die fietse deurbring. Dis waardevolle oefening vir die maande wat gaan voorle (kappie).

Sedert middel Desember het ek 'n rusteloosheid in my gehad wat erg was. My vriende het dit almal gemerk. Gister kry ek 'n boodskap van 'n diep mens: "Die uitdaging van 'n beroep is nie om te cope tydens werkstye nie, maar tydens die vakansietye."

Uitklophou. Baie dankie.

Ek dink as ek more weer die langpad aanpak Botswana en Namibie toe, sal dit sommer baie beter gaan.

Groete

No comments:

Post a Comment