Oor vier maande is ek terug hier in Europa en ry ek vir 'n maand die pragtigste paaie voor die KLR se neus oos, rigting Rusland toe, draai.
Ek is besig om 'n dik reisgids oor Rusland. Rusland / Siberie (deelteken) te lees. Dis interessant. Dit strek oor 11 tydsones. Dit beteken die een of ander tyd gaan my opstaantyd jul slaaptyd wees, en omgekeerd. My laaste beker koffie gaan met jul opstaankoffie saamval. Lekker.
Ek toets nou die simkaart waarmee ek hopenlik julle ten minste van my posisie op hoogte kan hou. Waar is ek nou? Kliek hier om te sien. Julle kan inzoem en baie vergroot. Dit gaan makliker wees om op die manier my posisie aan te dui as 'n Siberiese dorpie se naam te probeer spel wat ek nie eers kan uitmaak nie.
Volgende week gaan die KLR gou vir 'n lekker op-check, die week daarop is dit die langpad, Botswana en Namibie toe. Ek wil die fiets presies net so pak soos wat ek met die toer gaan pak, vanaf klere tot tandeborsel tot spanners.
Groete uit die verre koue Europa!
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment