When I get ready to talk to people, I spend two thirds of the time thinking what they want to hear and one third thinking about what I want to say. Abraham Lincoln
Orania is so omstrede soos 'n broer in die tronk. Dit was die rede hoekom ek hiernatoe wou kom om my te oortuig dat wat ek in die pers lees, reg is/was.
Ek sit nou en skryf en weet nie wat om te skryf nie. Ek het deur my foto's gekyk en die bestes uitgehaal om nie op die blog te sit nie. As 'n mens nie hier was nie, sal jy die foto's nie na waarde kan skat nie.
In een museum was my enigste inskrywing: 'n Venster het twee kante. 'n Mens kyk deur dieselfde venster en, afhangende aan watter kant jy staan, sien twee wêrelde.
Doen jouself die guns: Kom Orania toe en kom kyk wat aangaan. Vorm jou eie opinie.
Die grootste rassiste wat ek nog ontmoet het, woon nie in Orania nie, maar in my en jou wêreld.
Die begraafplaas het verskeie interessante hoekies met mense wat diep spore getrap het.
Die Klein Reus (werk werk werk!)
Ek wonder wanneer ons munisipalitete daarmee gaan begin.

"Die grootste rassiste wat ek nog ontmoet het, woon nie in Orania nie, maar in my en jou wêreld."
ReplyDeleteBriljant gestel!!!!
Thank You and that i have a keen proposal: How Much Remodel House house renovation business
ReplyDelete